Hof van Justisie van die Europese Unie


Politiek van die Europese Unie
Europese Parlement
Europese Raad
Europese Kommissie
Raad van die Europese Unie
President van die Europese Kommissie
President van die Europese raad
President van die Europese Parlement
Hof van Justisie (ECJ)
Verkiesings
Portaal Europa

Die Hof van Justisie van die Europese Unie (Engels: CJEU Court of Justice of the European Union) is 'n instelling van die Europese Unie.[1]

Die hof bestaan uit drie dele

  1. Die Europese Hof van Justisie (Engels: ECJ European Court of Justice)
  2. Die Algemene Hof (van die EU)
  3. Spesiale howe wat ingestel kan word
    Die enigste voorbeeld is die Hof vir Amptenare sake wat in 2004 ingestel is.

Die Hof van Justisie van die Europese Unie is in 1952 gestig en het die missie om seker te stel "dat die wet gehandhaaf word" "in die interpretasie en toepassing" van die Europese Verdrae.[2]

Dele van hierdie missie is:

  1. Om die wettigheid van die handelinge van die instellings van die EU na te gaan.
  2. Om te verseker dat die Lidstate die verpligtings onder die Verdrae nakom.
  3. Om die wet van die Europese Unie te interpreteer op versoek van die nasionale regbanke.

Elke lidstaat het sy eie taal/tale en regstelsel en die nasionale howe pas ook die Europese wetgewing toe. Die CJEU moet daarom die beginsel van die veeltaligheid volledig in uitvoering bring en beskik oor taalvoorsienings wat uniek in die wêreld is.[2]

  1. Moenie hierdie hof met die Europese Hof vir die Menseregte verwar nie, wat deel is van die Raad van Europa wat 47 lidstate het en nie van die EU nie.
  2. 2,0 2,1 curia; webwerf van die CJEU

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search